KLIPPE Ek rol my kop heen en weer heen en weer
Dis swaar Dis vol ysterklippe Heen en weer op die teer
Die dag se warm gloed Vibreer op van die teer Ek voel dit - ysterklippe skommel Met my oë skeel getrek Probeer ek die pynlike klipperol Met sterk gedagtes Wegwerk! Wegrol!
Met my rug plat op die warm teer Staar ek na die hemel en begeer
n Kop sonder klippe n Oop deur n Sien wat deur mure kyk na more Moontlikhede wat in pakkies by my afgelaai word met instruksies Geleenthede wat my adres met dringendheid opsoek
As die nag kom.. Gaan die klippe stil lê En die teer koud word?
Kopiereg@ZeldaBrits