KLOPDANSER

 

Ek stap soos n Klopdanser in stadige aksie
(tap dancer in Slow Mo)

Ek stap deur n saal sonder mure
Met n onsigbare dak
n Onbekende LIGbron gooi n straal oor my pad

Ek sien TYD snel verby aan weerskante van my
Te stadig om by te hou
Ek kyk links en dan regs
Vinnger..vinniger Vinniger
Sien ek TYD amper vlerke kry
Ek wil nie n geleentheid mis
Maar tyd is n sterk stroom
Ek kry n kruik vol geskep
Vir vandag

Woorde@Zelda