HOOP
Bakhand vang ek die oggendstrale
Gevul met vreugde
n nuwe dag breek baldadig deur die nag.

Elke omwenteling van nag na dag
bring die kleurspirale met sagte tred
terug in die nou..
Sien ek moontlikhede en 
genade geleenthede
Tussen bergpieke en vallei
leef ek voluit

Elke dag gevul met gevoel, smake,
nuwe gesigte en tasbare vruegdes..
Weet ek nog n kans om te verdrink
in die luuksheid van kleure dartelend om my - om die drukkende donker te verdryf..


Continue reading ...