Ek het jare terug ontdek dat mens wel tweede kanse kry.
En dis vir my n kosbaarheid

Soms is die lewe wreed, siekte, dood, angs of ander nood
Maar iewers sien jy weer n mooi, sagte kant
Kry n geleentheid om weer te probeer
As te stof, verbind, gesond te word..

Moenie as tweede kanse jou pad kruis
Blind kyk teen verkeerde dinge
Sien mooi, sien kanse, sien oopdeure
Beleef mooi harte, omgee oomblikke
Geloof in n vreemdeling se oë
Dankbaarheid in n eensame se glimlag

En daarom werk ek so graag op of met  herwonne items
Plankies, blik, lint, tou
Lap of sak
Wanneer jy saam voeg, verf en gom
Blinkers strooi of met n kantjie tooi
draai die vergooi na koester

En dis genade