Klopdanser

March 28, 2017

KLOPDANSER

 

Ek stap soos n Klopdanser in stadige aksie
(tap dancer in Slow Mo)

Ek stap deur n saal sonder mure
Met n onsigbare dak
n Onbekende LIGbron gooi n straal oor my pad

Ek sien TYD snel verby aan weerskante van my
Te stadig om by te hou
Ek kyk links en dan regs
Vinnger..vinniger Vinniger
Sien ek TYD amper vlerke kry
Ek wil nie n geleentheid mis
Maar tyd is n sterk stroom
Ek kry n kruik vol geskep
Vir vandag

Woorde@Zelda

 

 

Klippe - Woorde@Zelda

March 23, 2017
KLIPPE Ek rol my kop heen en weer heen en weer
Dis swaar Dis vol ysterklippe Heen en weer op die teer
Die dag se warm gloed Vibreer op van die teer Ek voel dit - ysterklippe skommel Met my oë skeel getrek Probeer ek die pynlike klipperol Met sterk gedagtes Wegwerk! Wegrol!
Met my rug plat op die warm teer Staar ek na die hemel en begeer
n Kop sonder klippe n Oop deur n Sien wat deur mure kyk na more Moont...

Continue reading...
 

Hoop - vang ek die oggendstrale

March 22, 2017
HOOP
Bakhand vang ek die oggendstrale
Gevul met vreugde
n nuwe dag breek baldadig deur die nag.

Elke omwenteling van nag na dag
bring die kleurspirale met sagte tred
terug in die nou..
Sien ek moontlikhede en 
genade geleenthede
Tussen bergpieke en vallei
leef ek voluit

Elke dag gevul met gevoel, smake,
nuwe gesigte en tasbare vruegdes..
Weet ek nog n kans om te verdrink
in die luuksheid van kleure dartelend om my - om die drukkende donker te verdryf..


Continue reading...
 

Tweede kans

March 14, 2017
Ek het jare terug ontdek dat mens wel tweede kanse kry.
En dis vir my n kosbaarheid

Soms is die lewe wreed, siekte, dood, angs of ander nood
Maar iewers sien jy weer n mooi, sagte kant
Kry n geleentheid om weer te probeer
As te stof, verbind, gesond te word..

Moenie as tweede kanse jou pad kruis
Blind kyk teen verkeerde dinge
Sien mooi, sien kanse, sien oopdeure
Beleef mooi harte, omgee oomblikke
Geloof in n vreemdeling se oë
Dankbaarheid in n eensame se glimlag

En daarom werk ek so graag op of met  her...
Continue reading...
 

Vrede tussen die gratis mooi

March 14, 2017

 

Soms rus jou oë op n sagte mooi
Kleurespel wat dans en gedy

Dis n vrede wat binnetoe vou
n Geel vrolikheid
n Groen dankbaarheid

Dag se mooi in n paar sekondes
se onthou
Kosbaarheid van kiekies






Continue reading...
 

Extra Mile

March 13, 2017


Continue reading...
 

Bit crazy, bit odd, bit free spirit and love a good laugh!


I love my life, my hubby and very cute Wire Dog. Colour makes my world turn. Passionate about inspiration, and investing in people. I am very happy when surrounded by pure and precious words, friends, good chocolate, a book and paint and brushes. Enjoy nature, sunsets, camp fire, good company and peace! Harmony is my perfect balance! Experiencing favour and amazing grace every day! Always grateful!

Blog Archive

Categories

Blog Archive

 
Make a Free Website with Yola.